Open-access Die onderneming in die gemeenskap: Korporatiewe maatskaplike betrokkenheid deur Sanlam, 1918-1980

The enterprise in the society: Corporate social engagement by Sanlam, 1918-1980

Abstract

Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid het 'n statutêre verpligting geword wat deur verskeie belanghebbende partye gebruik word om uiteenlopende oogmerke te verwesenlik. Die konsep "korporatiewe sosiale verantwoordelikheid" (corporate social responsibility (CSR) het eers gedurende die 1990s prominensie in die korporatiewe omgewing begin kry, hoewel die konsep van ondernemings se sosiale verantwoordelikheid teenoor die breër gemeenskap ingrypend deur die geskiedenis verander het. Hoe behoort ondernemings se sosiale betrokkeheid beslag te kry? Watter rasionaal behoort daardie optrede te motiveer? Hierdie artikel ondersoek die inherente dryfvere in Sanlam vir sosiale betrokkenheid teen die agtergrond van die teorie van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. Hierdie artikel wys op die eiesoortige geaardheid van maatskaplike betrokkenheid deur Sanlam as 'n langtermynversekeringsmaatskappy in Suid-Afrika. Dit dui op 'n bydrae tot die teoretiese diskoers oor korporatiewe sosiale verantwoordelikheid aan die hand van die geskiedenis van korporatiewe maatskaplike betrokkenheid in Sanlam.

gemeenskap; polishouers; maatskaplike verantwoordelikheid; groei; versekeringsmaatskappy


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top