Open-access Radikale postkolonialisme en die Suid-Afrikaanse universiteitswese

Radical post-colonialism and universities in South Africa

Abstract

In hierdie artikel word onlangse studenteprotes gekontekstualiseer teen die agtergrond van politieke tendense in die Suid-Afrikaanse staat en samelewing. Die verstryking van die postapartheidstydperk word oorweeg, tesame met die gelyktydige ontluiking van 'n radikale en postkoloniale sosiopolitiese tydsgees. Laasgenoemde word as vertrekpunt gebruik vir 'n evaluasie van studenteprotes en die eise wat aan hoër onderwys en universiteite in Suid-Afrika gestel word. Gevolglik word die universiteit se funksie en verhouding teenoor staat en samelewing oorweeg en word daar gedemonstreer hoe hierdie verhoudings moontlik sal verander in 'n postkoloniale milieu. Die plek en rol van Afrikaans by universiteite word ook spesifiek bespreek.

#FeesMustFall; Postapartheid; Postkolonialisme; Radikale politiek; Studenteprotes; Suid-Afrikaanse universiteite


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo