Open-access Openbare uitsaaiwese en politieke intervensionis-me in 'n postbevrydingsamelewing: Die SAUK en kompeterende meta-narratiewe (regimevoorkeure)

Public broadcasting and political interventionism in a post liberation society: The SABC and contending meta-narratives (regime preferences)

Die diskoers met betrekking tot die rol en funksie van die openbare uitsaaier word gereflekteer in diverse, kompeterende meta-narratiewe. Meta-narratiewe verwys na 'n normatiewe politieke voorkeur met betrekking tot die vestiging van instellings van beheer, die formulering van die reels van sosiale ordening, asook die sosiale waardes wat daardie reëls onderlê (regimes). Hierdie artikel ontleed die rol en funksie van die openbare uitsaaier in Suid-Afrika in die konteks van die nasionale politieke diskoers, asook die regverdiging vir die meta-narratief van voorkeur soos aangebied in die konteks van sosiaal-politieke geregtigheid. Die organisatoriese spanning tussen 'n intervensionistiese rol en funksie van die staat, en 'n regulatoriese voorkeur van liberaal-demokratiese regimes, het pertinente konsekwensies vir die operasionele definisie van die nasionale uitsaaiwese. Die wyse waarop die staat se rol en werking binne die samelewing gedefinieer word, is direk in verhouding met die wyse waarop die openbare uitsaaiwese geformuleer word. Die intervensionistiese verwysingsraamwerk het sy oorsprong in die bevrydingsnarratief en die regulatoriese verwysingsraamwerk het konseptuele en operasionele verbintenisse met die liberale (utilitaristiese) narratief. In die konteks van die spanning tussen kompeterende regimes word die openbare uitsaaiwese byna noodwendig 'n terrein vir politieke en sosiale mededinging. Die beginsel van institusionele outonomiteit is dus teoreties eerder as empiries.

SAUK; SAUK-raad; nuuskantoor; regime; liberalisme; utilitarisme; openbare uitsaaiwese; politieke bevryding; aanspreeklikheid verteen-woordiging


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top