Open-access Leser en konteks: 'n resepsiestudie oor Afrikaanse romanselesers

Reader and context: a reception study of Afrikaans romance readers

Abstract

Hierdie artikel wys op die winste van ander literatuurstudiebenaderings as teksanalise. Na 'n kort opsomming van navorsingsperspektiewe wat op die omgang van die leser met die teks fokus, word die opset en bevindinge van 'n leserstudie onder Afrikaanse lesers van romanses beskryf. 'n Vergelyking met ander studies oor dieselfde genre dui op ooreenkomste, soos dat die genre lesers help om aan die werklikheid te ontsnap en ontvlug, maar ook op verrassende verskille. Ten spyte van die patriargale omgewing waarin die Afrikaanse romanseleser lewe, word dit - anders as in ander studies - verswyg as rede vir ontvlugting. Die studie wys op die noue verbintenis tussen teks, leser en konteks wanneer die Afrikaanse romanselesers ontvlugting van misdaad as die werklikheid waarvan hulle wil ontvlug, aandui.

romanse; romantiese fiksie; resepsiestudie; leserstudie; liefdesverhale; populêre literatuur


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top