Open-access Makrostruktuuraanpassings vanaf gedrukte na e-woordeboeke

Macrostructural adaptations between printed and e-dictionaries

Abstract

Die heersende leksikografieteorie is primêr ontwerp vir gedrukte woordeboeke. Aanpassings is nodig om 'n omvattende teorie te hê wat vir sowel gedrukte as e-woordeboeke voorsiening maak. Vir 'n algemene leksikografieteorie moet modelle ontwikkel word vir die leksikografiese strukture in e-woordeboeke. Hierdie artikel fokus op een van hierdie strukture, te wete die makrostruktuur. Makrostrukture in gedrukte woordeboeke word bespreek, en daar word aandag gegee aan verskeie ordeningstrukture in e-woordeboeke wat makrostrukturele kenmerke vertoon. Die gebruik van alfabetbalke en die voorkoms van artikeltrajekte en deeltrajekte, asook lemmatrajekte en lemmadeeltrajekte, word ondersoek. Daar word aangetoon dat, alhoewel e-woordeboeke nie tradisionele makrostrukture het nie, daar wel eksterne datatoeganklikheid is, onder meer danksy die gebruik van ordeningstrukture met behulp waarvan die makrostrukturele elemente bereik kan word. Aanpassings vanaf gedrukte woordeboeke het gelei tot die ontwikkeling van eiesoortige kenmerke vir hierdie ordeningstrukture van e-woordeboeke.

artikeldeeltrajek; artikeltrajek; e-leksikografie; gedrukte woordeboeke; kitssoektog; kronkelordening; lemmadeeltrajek; lemmatrajek; makro-struktuur; neslemmas; nislemmas; ordeningstruktuur; streng alfabetiese ordening; teoretiese leksikografie; toegangstruktuur


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba