Open-access Denkende staatsamptenare vir 'n beter samelewing

Thinking public servants for a better society

Abstract

Hierdie artikel besin oor hoe denke 'n grondvlakstaatsamptenaar in staat kan stel om 'n betekenisvolle bydrae tot 'n beter samelewing te maak. Met behulp van 'n nie-empiriese konseptuele navorsingsontwerp word die begrippe "denke", "grondvlakstaatsamptenaar", "diskresie", "betekenisvolle bydrae" en "beter samelewing" ontleed. Uit die ontleding blyk dit onder meer dat 'n betekenisvolle bydrae deur 'n grondvlakstaatsamptenaar die resultaat is van 'n wilsbesluit waarvan die nalatenskap van 'n beter samelewing moontlik eers in die toekoms sigbaar sal wees. Dit blyk voorts dat 'n grondvlakstaatsamptenaar sonder reflekterende en beoordelende denke oor 'n beter samelewing kwalik 'n betekenisvolle bydrae kan bedink. Hierdie twee nuanses van denke blyk onderliggend te wees aan die kritiese en berekenende denke wat nodig is vir die neem van goeie en sorgsame diskresionêre besluite ter verbetering van die lewensomstandighede van die grootste deel van die samelewing. 'n Kernvraag is egter of grondvlakstaatsamptenare oor die wil beskik om diskresionêre besluite te neem wat die toekoms van vele positief kan beïnvloed.

grondvlakstaatsamptenaar; staatsamptenaar; denkend; diskresie; besluitnemende denke; beskouende denke; berekenende denke; versweë denke; eksplisiete denke; instaatstellende begrip; beter samelewing


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo