Open-access Afrikaans as onderrigtaal ná 100 jaar: Prestasies, tekortkominge, uitdagings en toekoms

Afrikaans as language in education after 100 years: Achievements, shortcomings, challenges and future

Abstract

Afrikaans is tans op die vooraand van die 100-jarige viering van die erkenning daarvan as amptelike taal (1925-2025). Hierdie artikel bied 'n ondersoek van die ontwikkeling van Afrikaans in die onderwyssektor en die aanwending daarvan vir 'n bepaling van 'n strategie met die oog op die toekoms. Die geskiedenis van Afrikaans voor die erkenning daarvan as landstaal sowel as die ontwikkelingsgang van die taal sedert amptelike erkenning word gerekonstrueer. Die geskiedenis van die bemagtiging van Afrikaans as volwaardige onder-wystaal is 'n verhaal met prestasies wat min taalgemeenskappe nog kon ewenaar. Tog is drie gewigtige kontekstuele verrekeningsfoute in die poging vir die onderwysmatige bemagtiging van Afrikaans gemaak. Hierdie drie foute word as aanskouingsles aangebied. Riglyne vir die Afrikaanssprekende gemeenskap in die benutting van demografiese, ekonomiese, internasionale en ander kontekstuele kragbronne in die verskansing en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as onderwystaal vir die volgende 100 jaar word daaruit onttrek.

Afrikaans; demografie; historíese opvoedkunde; internasionale konteks; kontekstuele verrekening; kurrikula; onderwys; onderwysvoertaal; universiteite; vergelykende opvoedkunde


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba