Open-access Die gebruik van die onderskikker wanneer in hipotaktiese verbindings

The use of the subordinating conjunction "wanneer" (when) in hypotactic binding

Die onderskikker wanneer kan in bysinsinlywing en in hipotaktiese verbinding gebruik word. In hierdie artikel word die gebruik van wanneer in hipotaktiese verbindings ondersoek aan die hand van 'n korpus dokumente wat van die Internet verkry is. Vanuit die oogpunt van Mental Spaces Theory kan wanneer as 'n ruimtebouer beskou word. Die bysin wat deur wanneer ingelei word, bou 'n temporele of situasionele ruimte waarbinne die hoofsin geld of verstaan moet word. Die gebruik van konstruksies met wanneer word op 'n waarskynlikheidskontinuum geplaas wat van feitelik tot teenfeitelik strek. Die gebruike word in breë groepe as verhalend, generies, voorspellend of hipoteties geklassifiseer. Geen duidelike grense bestaan tussen kategorieë en subkategorieë nie. Verwantskappe tussen gebruike word ook aangedui. As modifiseerders van wanneer kom verskeie bywoorde voor, wat in kategorieë van insluiting, uitsluiting, uitsondering en beklemtoning geplaas kan word. 'n Vergelyking tussen die gebruik van wanneer, indien en as word as 'n veld vir verdere navorsing voorgestel.

Wanneer; hipotaktiese verbinding; waarskynlikheidskontinuum; denkruimte; Teorie van Denkruimtes; Mental Spaces Theory; Construction Grammar


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top