Open-access Arendt, Stiegler en die lewe van die gees

Arendt, Stiegler and the life of the mind

Abstract

Bernard Stiegler en die ondertekenaars van die Ars Industrialis-manifes verbind hulself tot die bevryding van die menslike gees van die logika van die kapitalisme. Die manifes maak dit duidelik dat die begrip "gees" aan die hand van Hannah Arendt se opvatting van die "lewe van die gees" ("life of the mind") verstaan moet word. Die doel van hierdie artikel is om die opvatting van "gees" wat Stiegler et al. aan Arendt toedig, te bevraagteken. Ek toon eerstens aan dat Stiegler nie erns maak met Arendt se onderskeid tussen gees ("mind") en siel ("psyche"/"soul") nie, waarna ek die drie aspekte van die lewe van die gees wat sy van mekaar onderskei, naamlik denke, wil en oordeel, op 'n sistematiese wyse ondersoek. Hierdie ondersoek lei dan tot die insig dat Arendt, anders as Stiegler, hierdie geestesvermoëns as vrye, self-refleksiewe aktiwiteite van die bewussyn verstaan, en nie as funksies van interne psigiese prosesse of van 'n eksterne ekonomiese- of politieke orde nie. Ek kom tot die gevolgtrekking dat, alhoewel Stiegler se sosiale kritiek ongetwyfeld van waarde is, sy argument in hierdie verband nie berus op 'n begrip van die lewe van die gees wat hy aan Arendt ontleen nie.

Stiegler; Ars Industrialis; Arendt; gees; "lewe van die gees"; bewussyn; psige; begeerte; libidinale energie; denke; wil; oordeel; politiek; handeling; vryheid; kapitalisme; verbruikersamelewing


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba