Open-access Vryheid en idee: Beurtsang vir die universiteit

Freedom and Idea: Antiphon for the university

Aan die einde van 2015 het studenteprotes deur Suid-Afrika gespoel - hoër onderwys is té duur. Dit het universiteite in 'n finansiële krisis gelaat. Die indruk is dat een van die grondoorsake van die krisis 'n etos van ekonomistiese dwang is. In die artikel word geargumenteer dat 'n dualistiese dialektiek tussen n natuurnoodwendig-agtige ekonomisering en menslike vryheid nie veel doen om hierdie krisis te ontknoop nie. Vir laasgenoemde sal n veel duideliker raamwerk van die normatiewe soortlikheid van universiteite, of dan die idee van 'n universiteit, weer deel van die openbare gesprek oor die saak moet word.

Idee van 'n universiteit; Ekonomisering; Vryheid; Nie-reduksie; Normatief; Rigting; Soortlikheid


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba