Open-access Suid-Afrika na dertien jaar (1994 -2007) - met spesiale verwysing na analogieë met Litoue

South Africa after thirteen years (1994-2007)- with special reference to analogies with Lithuania

Die Ryk van Litoue sowel as kontemporêre Litoue toon talle analogieë met Suid-Afrika en die Litouers met Afrikaanses. Beide het die afgelope tyd transformasie ondergaan en beide word gekenmerk deur 'n verskeidenheid van kulture. Die Litouse ryk se beleid van verdraagsaamheid ten opsigte van diverse kulture was suksesvol. Die Litouse situasie beklemtoon die belangrikheid van taal en kulturele selfbewussyn. Dit het duidelike parallelle in Suid-Afrika. Sowel Litous as Afrikaans was by tye op die agtergrond, maar albei kulture bly behoue. Die betekenis van 'n nie-outentieke bestaan van Litoue in die Sowjet-era word behandel. Die geldigheid van sowel nasionale as internasionale waardes is by sowel Litouers as Afrikaanses van belang.

Litous; nasionale waardes; internasionale waardes; outentieke bestaan; kulturele diversiteit; russifikasie; Vilnius


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo