Abstract
In Suid-Afrika gaan heelwat mense gebuk onder 'n negatiewe identiteit as gevolg van armoede en die maatskaplike uitvloeisels daarvan (Bakker & Műller 2010:49-50; De Vries 2017). Die probleemvraag wat in hierdie studie ondersoek is, was: Hoe kan storievertelling as strategie ter versterking van identiteitsontwikkeling aangewend word? 'n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie is gevolg deur gebruik te maak van Deelnemende Aksieleer en -navorsing (PALAR: Participatory Action Learning and Action Research) as navorsingstrategie. Die lewensverhale van die deelnemers is ingesamel volgens hierdie metodologie aan die hand van onderhoudvoering, Photovoice-aktiwiteite, joernaalinskrywings asook die navorser se waarnemings wat deur middel van veldnotas opgeteken is. Die ingesamelde data is geanaliseer deur gebruik te maak van die sagtewareprogram ATLAS.tiTM.
identiteit; storievertelling; storievertelling as strategie; outobiografiese stories; ekosistemiese model; sosiale identiteit; narratiewe identiteit; religieuse identiteit; benadeelde individue; Aksienavorsing