Open-access Die rol van die Hoogste Howe van die Verenigde State van Amerika, Suid-Afrika en die Europese Unie in buitelandse aangeleenthede

The Role of the High Courts of the United States of America, South Africa and the European Union in Foreign Affairs

Abstract

In die Verenigde State van Amerika (VSA) beskik die President oor besondere wye magte ten opsigte van buitelandse aangeleenthede; so ook die Kongres, en die Senaat in besonder. Die regsgesag het geen grondwetlik geformuleerde rol met betrekking tot buitelandse aangeleenthede nie. Dit beteken egter nie dat die Hooggeregshof (HH) se uitsprake nie 'n wesentlike invloed op buitelandse beleidsmaatreëls het nie. Die beklemtoning van menseregte het in 1994 sterk na vore getree met Suid-Afrika (SA) se benadering tot buitelandse aangeleenthede. Algaande het hierdie benadering begin verflou. Die Konstitusionele Hof (KH) het nie teruggedeins om die uitvoerende gesag krities oor sy grondwetlike verpligtinge tereg te wys en van sy vergrype ongrondwetlik te verklaar nie. Die Europese Geregshof (EG) het ewe-eens oor dekades heen bepaalde beslissings gelewer wat die buitelandse beleidstandpunte van die Europese Unie (EU) in wese geraak het. Vir die Unie is sy Hof 'n kernpilaar om die hele stelsel standvastig te hou. Terwyl politieke gesagsinstellings buitelandse beleid die direkste raak, is die bydrae van die regsgesag nie minder betekenisvol nie. Dit bepaal die grense waarbinne politieke take verrig mag word. Die regsgesag het die onmiskenbare feit dat dit 'n rol in buitelandse aangeleenthede het beklemtoon.

Buitelandse beleidsmaatreëls; geregtelike hersiening; grondwetlike beginsels; menseregte; nasionale veiligheid; oorlog teen terreur; regsgesag se relevansie; reisverbod; skeiding van gesag; verdrae


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba