Open-access Die geesteswetenskaplike agtergrond van die natuurwetenskappe

The humanities background of the natural sciences

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die funderende rol van die geesteswetenskappe ten opsigte van die natuurwetenskappe. As toeligting hierop word enkele voorbeelde vermeld. Dink byvoorbeeld aan Thomas Hobbes wat die voorstaatlike natuurtoestand as 'n stryd van almal teen almal gesien het en daarmee 'n invloed op Darwin se "struggle for existence" uitgeoefen het. Hierdie invloed is versterk deur die historisme van die vroeg negentiende eeu waarin historiese veranderlikheid voorop gestel word. Plato het egter reeds ingesien dat verandering duursaamheid (konstansie) veronderstel - 'n insig wat Immanuel Kant sou verwoord in sy wet van die kontinuïteit van alle verandering. Plato se transendente ideë en Aristoteles se algemene wesensvorme het sowel die idee van tipes as van universaliteit na vore gebring, wat op hul beurt tot die "universalia"-stryd van die laat-middeleeue sou lei, met die realisme (waaronder platonisme) en nominalisme as teëgestelde pole. Dit is merkwaardig dat die moderne biologiese denke (neo-Darwinisme) nominalisties georiënteerd is terwyl die moderne wiskunde oorwegend platonisties is.

filosofie; natuurwetenskappe; natuurlike seleksie; stryd om bestaan; verandering; konstantheid; universaliteit; individualiteit; wetmatgheid; realisme; nominalisme


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top