Open-access Die ANC en die nasionale demokratiese rewolusie: Polities strategiese perspektiewe

The ANC and the national democratic revolution: Political and strategic perspectives

Die Nasionaal-Demokratiese Rewolusie (NDR) is as konsep en ideologiese raamwerk baie bekend binne die denkpatroon van die ANC en sy bondgenote. Anders as wat soms verwag is, is die NDR as denkraamwerk nie na 1994 opgehef nie, maar slegs in 'n strategiese en taktiese sin geherposisioneer onder die vlag van sosiale, politieke en ekonomiese transformasie. By die onlangse Polokwane Konferensie van die ANC (einde 2007) het die organisasie verskeie resolusies aanvaar wat in lyn is met die grondbeginsels van die NDR wat ook neerslag gevind het in die ANC se 2009-verkiesingsmanifes. Hierdie artikel fokus op die NDR as politiek-ideologiese denkraamwerk met die beklemtoning van polities-strategiese aspekte.

Rewolusie; Nasionale Demokratiese Rewolusie; Nasionale Demokratiese Beweging; Sosiale; Politieke en Ekonomiese Transformasie; Politieke oorgang; Thermidor gematigd; Jakobyns radikaal


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo