Open-access 'n algemene tipologie van leksikografiese etikette

A general typology of lexicographical labels

Hierdie artikel stel 'n tipologie van leksikografiese etikette met die fokus op standaard tweetalige woordeboeke voor. Hoewel 'n aantal tipologieë in die literatuur voorkom wat op die oppervlak grootliks ooreenstem, is daar onenigheid ten opsigte van die dieper klassifikasies. Die literatuur toon dat hierdie stand van sake die gevolg is van algemene verwarring en 'n gebrek aan konsensus oor die gebruik van leksikografiese etikette en die pragmatiese parameters wat hulle verteenwoordig, wat veroorsaak word deur die afwesigheid van 'n teoretiese basis vir hulle klassifikasie en standaardisering. Die doel van hierdie artikel is juis om sodanige teoretiese basis te skep op grond waarvan 'n tipologie ontwikkel kan word.

domeinetiket; etikettering; etikettipologie; gemerktheid; leksikografie; leksikografiese gemerktheid; leksikografiese etiket; linguistiese etiket; makrostruktuur; mikrostruktuur; pragmatiese data; standaardvariëteit; standaard tweetalige woordeboek; stilistiese etiket; tegniese etiket


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba