Open-access Geskiedenis, grondstudies en grondeisenavorsing - 'n oop gesprek

History, land studies and land claims research - an open debate

Abstract

Hierdie oop gesprek oor die hantering en verstaan van grondeise in die grondhervormings-geskiedenis van Suid-Afrika het nie ten doel om al hierdie gebeure en prosesse van die afgelope byna 20 jaar nougeset neer te pen nie. Teen die kontekstuele agtergrond daarvan word wel besin oor die mate waartoe Geskiedenis as 'n dissipline betekenisvol kan wees of behoort te wees in die uiteindelike besluitneming oor eise ten opsigte van grond. Omvattende navorsing hieroor is egter nog nodig. In hierdie bespreking is die benutting van die geskiedenis binne die dissipline Geskiedenis in die onderneming van grondeisenavorsing die kernsaak. Geskiedenis as 'n bewys-materiaalverskaffer met vele perspektiewe word toegelig deur kortliks na die onafgehandelde grondeis op die plaas Deelkraal IQ142 as 'n voorbeeld te verwys. Opsommenderwys sal ook aangetoon word dat die waarde van Geskiedenis in grondeisenavorsing nie noodwendig in finale besluitnemings oor grondeise geag word nie. Dit wil dus voorkom asof persepsies oor die verlede (soms verweef in mag en konflik), 'n geneigdheid kan hê om enige moontlikheid van waarheid of realiteit te oorskadu. Op sigself dui dit weer op fasette van mag en politiek, wat vorige soortgelyke siklusse bloot herhaal.

Geskiedenis; grondstudies; grondhervorming; grondgeskiedenis; grondeise; Deelkraal IQ 142; grondnavorsing; streekstudies; Geskiedenis en grondeise; Geskiedenismetodologie; historiografie


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba