Open-access Geesteswetenskap in 'n geeslose omgewing? 'n Besinning oor die hedendaagse universiteit en die verwaarlosing van sy opvoedingstaak

The humanities in a soulless institutional environment? Thoughts on the contemporary university and the neglect of its educational function

Aan die hedendaagse universiteite het beroepsopleiding toenemend die norm geword. Dit, tesame met die eis om "demokratisering" en "maatskaplike" gelykheid, het die klassieke ideaal van 'n omvattende humanistiese vorming van studente na die agtergrond geskuif. Veral die geesteswetenskappe (in die sin van die humaniora) word nadelig hierdeur beïnvloed. Hierdie tendens moet gestuit word. Dit kan myns insiens slegs gebeur indien universiteite waarlik onbevoogde (outonome) instellings bly. Dit beteken dat universiteite, indien hulle hoegenaamd nog met enige geloofwaardigheid wil aanspraak maak op die titel "universiteit", genoegsame ruimtes moet verskaf vir vrye intellektualiteit - ruimtes waar studente hulleself vryelik aan die dissipline van geleerdheid onderwerp, om geen ander rede nie as die liefde vir 'n (bepaalde) vakgebied wat hulle vir hulle vorming nodig ag. Sulke ruimtes moet eilande van akademiese vryheid wees - gevrywaar van allerlei illusies, onrealistiese verwagtinge en bemoeienisse van drukgroepe, en wars van ideologiese en tegnologiese pretensies. Dosente en studente sou daar byeenkom uitsluitlik om te studeer, om te lees en te skryf, om na mekaar te luister en diskussies te voer in die gees van die ensiklopedie, die algemene vorming. Sodanige ruimtes sal egter slegs in hulle doel slaag vir sover daar streng toelatingsvereistes gestel word.

Geesteswetenskappe; humaniora; Bildung; vorming; opvoeding; die universiteit; beroepsopleiding; demokratisering van die onderwys; sosiale geregtigheid; gelykheid


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba