Open-access NP van Wyk Louw se diere en gestaltes herbesoek: 'n Ekokritiese lesing

NP van Wyk Louw's animals and figures: An ecocritical reading

Abstract

In die digter, dramaturg en intellektueel NP van Wyk Louw (1906-1970) se werk kom heelparty verwysings na diere voor, terwyl enkele gedigte in die geheel aan een of ander dierespesie gewy word. Louw se gedigte oor diere word hoofsaaklik beskou as gedigte met een of ander simboliese betekenis, waar min aandag aan die spesifieke spesie met unieke eienskappe gegee word. Die aanwesigheid van simbolistiese en modernistiese trekke in Louw se werk het tot dié sienings bygedra. In hierdie artikel word die digter se werk teen die agtergrond van literatuur oor diere se gedrag en dierestudies gelees. Filosowe soos Martin Heidegger en Jacques Derrida het 'n belangrike bydrae tot die aard en wêreld van die dier gelewer, terwyl die Nederlands gebore Amerikaanse primatoloog Frans de Waal bevind het dat diere oor die vermoë beskik om kultuur te verwerf. Die gaping tussen mense en diere het "verklein", en gedigte soos Louw se Raka (1941) en "Die swart luiperd" in Gestaltes en diere (1942) word in hierdie artikel by 'n nuwe kyk op Louw se gedigte oor diere betrek.

diereregte; Jacques Derrida; ekoliteratuur; Martin Heidegger; modernisme; natuur; primate; Raka; simbolisme; Die swart luiperd"


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top