Open-access 'N loodsstudie in die waterberg distrik om 'n wykvlak-sosiale progressie-indeks te ontwikkel om die meting van menslike ontwikkeling in Suid-Afrika te verbeter

Abstract

Vir stadsbeplanners is die prioritisering van menslike ontwikkeling, insluitend onderwys, gesondheid, inkomste en billikheid, die sleutel tot die kweek van volhoubare, florerende gemeenskappe. In Suid-Afrika belemmer volgehoue werkloosheid, armoede en staatsafhanklik-heid hierdie ontwikkelingsvordering, wat dit noodsaaklik maak om vlakke van menslike ontwikkeling te monitor sodat beplanning, beleggings en geteikende intervensies op verskeie regerings-vlakke daarvolgens gerig kan word. 'n Omvattende indeks - die Sosiale Vooruitgangsindeks (SVI) - is ontwikkel om die welstand van 'n samelewing te meet deur sosiale en omgewingsuit-komste direk waar te neem eerder as ekonomiese faktore. In Suid-Afrika word die SVI tans op provinsiale vlak toege-pas, maar hierdie datastel bevat onvoldoende inligting wat nodig is om die lewensgehalte op sub-munisipale vlak te bepaal. Hierdie artikel rapporteer oor 'n loodsstudie wat in die Waterberg-distrik uitgevoer is om die uitvoerbaarheid van 'n sub-munisipale SVI in Suid-Afrika te ondersoek. Die metodologie is gegrond op die nasionale SVI-raamwerk wat die ontwerp van die indeks en keuse van uitkomsgebaseerde aanwysers gelei het. As gevolg van aanvanklike bekommernisse oor databeskikbaarheid, is 'n gevallestudiebenadering gevolg om die omvang te beperk en dataversameling te fokus. Die identifisering van toepas-like aanwysers en gepaardgaande data-items is 'n kritieke stap, met data wat geprofileer is vir relevansie, beskikbaarheid en ruimtelike afbreekbaarheid. Kwantitatiewe verwerking en analise, insluitend die gebruik van ESRI se ArcGIS Pro-sagteware, speel 'n sentrale rol in die samestelling en evaluering van die aanwysers. Statistiese ontledings is gebruik om 'n algehele SVI-telling te bereken en onderlinge verwantskappe tussen aanwysers te ontleed. Die studie toon dat dit uitvoerbaar is om 'n wykvlak-SVI saam te stel, wat waarde bied deur middel van die saamgestelde telling en die insigte wat deur individuele aanwysers verskaf word. Wanneer dit ruimtelik toegepas word, kan die indeks beplanners help om onderpresterende gebiede te identiflseer en as moniter-ings- en evalueringsinstrument vir ontwikkeling dien.


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top