Open-access 'N verkennende benadering tot die ontwikkelende administratiewe landskap van Suid-Afrika: 1993-2020

Abstract

Die stigting van munisipaliteite in Suid-Afrika was 'n lang en moeilike proses en, na 25 jaar, blyk dit om nog in die ontwikkelingsfase te wees. In 1994 het die nuwe demokratiese regering onderneem om die land se rasgeskeide administratiewe struktuur te herstruktureer, deur gebiede te integreer en sodoende samehangende munisipale entiteite te skep wat sou lei tot meer doeltreffende bestuur van streke. Die afbakeningsbenadering was egter makliker om op papier vas te pen, as om dit in die praktyk te implementeer. Hierdie artikel bestudeer die Suid-Afrikaanse ruimtelike hervormingsproses tussen 1993 en 2020 deur middel van 'n literatuurstudie en analise van die wetgewende raamwerke, met die doel om te bepaal hoe munisipaliteite afgebaken was en die uitdagings wat hulle ervaar het. Die studie het bevind dat die ruimtelike herstruktureringsproses besonder ingewikkeld was weens beperkte kennis van die ruimtelike landskap sowel as gepaardgaande onopgeloste ruimtelike administratiewe kwessies. Die studie vra vir verdere navorsing om die vorming van doeltreffender administratiewe streke te ondersteun.

Afbakening; kategorisering; munisipaliteite; rasse-integrasie; ruimtelike hervorming; Suid-Afrika


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top