Open-access Bruinveldontwikkeling is die nuwe groen vir volhoubare herontwikkeling van mynhope

Abstract

Verstedeliking teen 'n hoë tempo, industrialisasie en globalisasie het 'n erfenis van verlate en onbenutbare mynhope in die Suid-Afrikaanse provinsie, Gauteng, geskep. Dit word gesien as 'n omgewingsprobleem eerder as 'n ontwikkelingsgeleentheid vir effektiewe volhoubare ontwikkeling. Die studie behels 'n stelselmatige ontleding van groenveld- en bruinveldontwikkelingseienskappe, wat geëvalueer is in terme van teikens vir volhoubare ontwikkeling, ten einde te bepaal watter ontwikkelingskategorie die beste bydra tot volhoubare ontwikkeling. 'n Kwalitatiewe navorsingsmetode is toegepas deur gebruik te maak van 'n kombinasie van onderhoude, gevallestudies en literatuurstudies. Gebaseer op inhoudsanalise en kodering, bevestig die tematiese ontledingsresultate dat die langtermyn-volhoubaarheidsvoordele van bruinveldontwikkelings meer voordelig is as die korttermyn finansiële winste van groenveldontwikkelings. Aanbevelings, insluitende die vestiging van vennootskappe en befondsingsmodelle, die identifisering en definiëring van ontwikkelingstrategieë vir bruinveldsterreine, asook die implementering en toepassing van wetgewing, kan bydra tot die verwesenliking van volhoubare, aanpasbare, veilige en inklusiewe nedersettings op leë mynhope.

Bruinveld; globalisasie; klimaatsverandering; stadspreiding; verstedeliking; volhoubare ontwikkeling; volhoubare onwikkelingsteikens


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba