Open-access Die dubbelsinnigheid van besigheidsondersteunings-intervensies vir tuisondernemings wat residensiëlestedelike ruimtes in Durban, Suid-Afrika hervorm

Abstract

Positiewe ontwikkelingsgevolge vir tuisgebaseerde ondernemings (HBOs) word verminder in Suid-Afrikaanse 'townships' weens onvoldoende belyning van besig-heidsondersteuningsinisiatiewe (BSI). Beperkte stadsbeplanningskennis bestaan oor hoe HBOs in 'townships' funksioneer binne residensiële sones en hoe ruimtelike en regulatoriese uitdagings hul ontwikkeling beïnvloed. Die integrasie van ondersteuning aan informele besighede bied 'n uitdaging aangesien die informele ekonomie nie gedetailleerde ruimtelike inligting het nie. Die doel van hierdie artikel is om leemtes in stede-like beplanningskennis aan te spreek oor hoe HBOs in residensiële sones funksioneer, veral in gebiede wat bekend is vir historiese grondgebruikkonflikte. 'n Gevallestudie-benadering met gemengde metodes (opnames en onderhoude) is gebruik om plaas-like inisiatiewe vir ekonomiese ontwikkeling in 'n wyksgebied te ondersoek deur gebruik te maak van kwantitatiewe en kwalitatiewe data om die interdissiplinêre verbande van stedelike ontwikkeling in die Suid-Durban-kom van eThek-wini Munisipaliteit beter te verstaan. Bevindinge toon dat daar leemtes is in die wyse waarop HBOs beplanning, beleid en regulasies verstaan en dit moet in ag geneem word om die gebrek aan besigheidsondersteuningsintervensies vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling te verminder.


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba