Open-access Polisentriese bestuur: evaluering van die relevansie van tradisionele owerhede in goeie bestuur in Suid-Afrika

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die rol van tradisionele owerhede binne die kom-plekse bestuurstrukture van Suid-Afrika, spesifiek in die Noordwes- en KwaZulu-Natal-provinsies. Polisentriese bestuur, wat veelvuldige, onderling gekoppelde besluitnemingsentrums behels wat on-afhanklik funksioneer maar tog interaf-hanklik is, vorm die teoretiese grondslag vir hierdie studie. In Suid-Afrika staar mu-nisipale bestuur uitdagings in die gesig as gevolg van die dubbelsinnige rol van tradisionele owerhede, wat die ontwikkeling van landelike gebiede belemmer het. Daar is tans geen duidelike raamwerk in die Noordwes- en KwaZulu-Natal-provinsies wat uiteensit hoe tradisionele owerhede doeltreffend binne die breër regeringstelsel kan funksioneer nie. Hierdie navorsing het ten doel om 'n raamwerk te ontwikkel wat die bestuurs-relevansie van tradisionele owerhede verbeter, met behulp van die konsep van polisentrisiteit en bestuursteorie. Deur middel van kwalitatiewe metodes, insluitend onderhoude met belangheb-bendes en dokumentontleding, ondersoek die studie die hedendaagse rolle van tradisionele owerhede en hul inter-aksies met munisipale bestuurstrukture. Dit beoordeel die beleidsraamwerk wat tradisionele bestuur in Suid-Afrika rig, en krities ondersoek hoe hierdie owerhede beter by bestuursprosesse geïntegreer kan word. Die studie voer aan dat goeie bestuur gedefinieer word deur sy vermoë om aan die behoeftes van die breër bevolking te voldoen, nie net uitgesoekte groepe nie. Dit stel 'n geformaliseerde polisentriese bestuursraamwerk voor wat tradisionele owerhede as sleutelakteurs in plaaslike regering verhef, met 'n fokus op areas soos administratiewe hiërargie, ontwikkelingsbeplanning, grondbestuur en natuurlike hulpbronbestuur. Hierdie raamwerk sal na verwagting sosio-ekonomiese ontwikkeling ondersteun en dienslewering verbeter, veral in lande-like en buitestedelike gebiede van die Noordwes- en KwaZulu-Natal-provinsies.


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba