Open-access Veerkragtigheid van buitestedelike vleiland-ekosisteme: 'n gevallestudie van Nandoni, Limpopo-provinsie, Suid-Afrika

Abstract

Mense betree dikwels vleilande, veral in buitestedelike gebiede van ontwikkelende lande, om die ryk ekosisteem-dienste wat dit bied, te benut. Hierdie indringing lei tot die afname in die kwaliteit en grootte van waterbronne. Daar is min beleidsinligting oor hoe vleilande effektief bestuur kan word te midde van ontwrigting deur menslike nedersettings. Hierdie studie ondersoek die veerkragtigheid van vleiland-ekosisteme in Nandoni, Suid-Afrika, met die doel om versagtingsstrategieë te ontwikkel wat beleid en praktyke inlig oor die bestuur van vleilande in die lig van menslike aktiwiteite. 'n Gevallestudie-navorsingsontwerp en gemengde-metode-navorsing is gebruik, wat kwalitatiewe en ruimtelike data insluit. Data is ingesamel deur on-derhoude met geselekteerde ruimtelike beplanners, omgewingsbewustes en tradisionele leiers, sowel as fotografíese en karteringopnames om die impak van ontwikkeling op vleilande te bepaal. Die studie het bevind dat menslike akti-witeite soos boerdery, baksteenmaak en residensiële ontwikkeling 'n negatiewe impak op vleilande gehad het, wat gelei het tot waterbesoedeling, vleilandagter-uitgang, verlies van vleilande en uitster-wing van dierespesies. Bevindinge dui aan dat menslike ontginningsaktiwiteite die ruimtelike veerkragtigheid van Nandoni beïnvloed, terwyl ontspanning-saktiwiteite minder impak het. Die studie beveel aan dat beleidmakers volhou-bare strategieë aanvaar, insluitend die bevordering van volhoubare praktyke in vleilandbestuur, ondersteuning ná hervestiging en medebestuur, om die impak van menslike aktiwiteite op vlei-lande te verlig. Holistiese inklusiwiteit onder belanghebbendes moet bevorder word om samewerking en beleidsafd-winging te versterk.


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo