Open-access Regularisering of plakkerinlywing? Grondaanpassingsprojekte as 'n alternatiewe benadering vir Tanzanië

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die beperkte doeltreffendheid van regulariseringspogings om die uitdagings van informele nedersettings in Tanzanië wat hoofsaaklik deur vinnige verstedeliking en behuisingstekorte ontstaan, aan te spreek. Dit evalueer hoe die implementering van regulariseringskemas die lewensomstandighede in hierdie nedersettings beïnvloed het. Deur middel van 'n kwalitatiewe lessenaarstudie en tematiese literatuuranalise word verskeie benaderings tot regularisering, insluitend internasionale voorbeelde, ondersoek. Die studie beklemtoon kernaspekte soos belanghebberbetrokkenheid, grond- en be-sitregsekerheid, implementeringskoste, institusionele kapasiteit en gemeenskapsbewustheid. 'n Sleutelvinding is dat regularisering sonder nedersettings-transformasie - wat neerkom op die eenvoudige inlywing van plakkersgebiede - algemeen in Tanzanië voorkom en die doelwitte van regularisering ondermyn. Hierdie benadering het daartoe gelei dat swak lewensomstandighede voortduur. Die artikel bepleit grondaanpassing as 'n alternatiewe strategie, wat 'n samewerkende proses behels waar grondeienaars tydelik hul grond beskikbaar stel vir herbeplanning en infrastruktuurontwik-keling, in ruil vir 'n kleiner maar verbeterde en gedienste erf of voltooide wooneenheid. Hierdie benadering kan billiker en inklusiewer voordele vir inwoners verseker. Die gevolgtrekking is dat Tanzanië grondaanpassing moet integreer met 'n hoë digtheid, bekostigbare behuisingstrategie wat deur openbare instellings ondersteun word. Die afwesigheid van so 'n strategie het voorheen konstruksievertraging en spekulasie op grondwaardes veroorsaak, wat die sukses van regulariseringsinisiatiewe ondermyn het.


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo