Open-access Die Suid-Afrikaanse GOP en ROR gekontekstualiseer teenoor globale konsepte van vooruitbeplanning

Abstract

Munisipalitiete regoor die wêreld benodig goeie beplanningsinstrumente ten einde die behoefte aan medium- en langtermynbeplanning aan te spreek. In Suid-Afrika kan die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en die Ruimtelike ontwikkelingsraamwerk (ROR) as die twee primêre instrumente beskou word wat in die sisteem van vooruitbeplanning deur die nasionale regering voorgeskryf is. Die sisteem is egter meer as twee dekades oud en nie sonder kritici nie. Gevolglik is 'n vars oorsig geregverdig. As 'n eerste stap in die ondersoek van die instrumente is dit die doel van die oorsigartikel om 'n aantal terme uit die internasionale literatuur wat verwant is aan vooruitbeplanning te identifiseer, te vergelyk en te analiseer. Die terme is bloudruk of meesterbeplanning, komprehensiewe beplanning, geïntegreerde beplanning, strategiese beplanning en ruimtelike strategiese beplanning. Laastens word die GOP en ROR vergelyk met die insigte wat uit die proses na vore getree het.

Geïntegreerde Ontwikkelingsplan; GOP; Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk; ROR; vooruitbeplanning; bloudrukbeplanning; meesterbeplanning; komprehensiewe beplanning; geïntegreerde beplanning; strategiese beplanning; ruimtelike strategiese beplanning


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba