Open-access Dra maatskaplike toelaes by tot die werklose bevolkingsgroei in die voormalige Suid-Afrikaanse tuislande?

Abstract

Die voormalige tuislande en stamowerhede het groot bevolkings en hoë digthede met lae vlakke van ekonomiese aktiwiteit en lae indiensneming. Bevolkingsgroei in hierdie nedersettings is in teenstelling met verwagtinge van bevolkingsdalings as gevolg van stedelike migrasie. 'n Moontlike rede kan die hoë vlak van afhanklikheid op sosiale toelaes in die voormalige tuislande wees. Die artikel analiseer bevolkings-groeikoerse, ekonomiese groeikoerse en die persentasie maatskaplike toelaag-ontvangers in voormalige tuislandnedersettings tussen 1996 en 2011. Deur gebruik te maak van geweegde meervoudige regressietoetse, bepaal die artikel of die verskynsel van bevolkingsgroei, in die afwesigheid van beduidende ekonomiese aktiwiteit, gekoppel is aan welsynsoordragte. Die resultate dui daarop dat bevolkingsgroei die produk is van die toename in ouderdomsgroepe wat kwalifiseer vir maatskaplike toelaes in landelike gebiede, as gevolg van hoë geboortekoerse en pensioenarisbevolkingsin-migrasie uit stedelike gebiede. In teenstelling hiermee toon ander ouderdomsgroepe bevolkingsafnames.

Bevolking; maatskaplike welsyn; stamowerhede; verstedeliking; voormalige tuislande


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba