Open-access Omgewingsgeregtigheid in beplanningskonteks

Abstract

Alhoewel dit weinig erkenning gekry het in beplanningsteorieë en meer bepaald ruimtelike beplanningsteorieë, het die konsep van omgewingsgeregtigheid onlangs sentraal toegetree tot menige diskoers in die Sosiale Wetenskappe. Die omvang van omgewingsgeregtigheid in beplanningsteoriëe blyk beperk te wees en is slegs subtiel te vinde in beplanningsnavorsing. Hierdie studie evalueer bestaande beplanningsteoriëe teenoor die kriteria wat omgewingsgeregtigheid omskryf. Die resultate van die studie toon dat omgewingsgeregtigheid slegs in 'n beperkte mate in beplanningsteorie omvat word. Die studie beveel aan dat 'n nuwe omgewegingsgeregtigheid-wending nodig is om die geïdentifiseerde gaping in beplanning te oorbrug. Verder benadruk die studie die noodsaaklikheid vir beplanningpraktisyns om die beginsels van omgewingsgeregtigheid toe te pas om sodoende regverdigheid in verdeling, erkenning, deelname, monitering en evaluering in beplanning te bereik.

Beplanning; beplanningsteorieë; omgewingsgeregtigheid; ruimtelike beplanning; ruimtelike beplanningsteorieë


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba