Open-access Die reg op funksionerende stedelike infrastruktuur -'n oorsig

Abstract

'n Belangrike doelwit van plaaslike regering in Suid-Afrika, soos omskryf in die Grondwet, is om die voorsiening van dienste aan gemeenskappe op 'n volhoubare wyse te verseker. Verwaarlosing van infrastruktuur belemmer egter steeds toegang tot dienslewering, wat alle burgers en die ekonomie raak. Ingelig deur sy eie lang loopbaanbetrokkenheid en huidige navorsingsprogram in infrastruktuuroperasie en instandhouding, tesame met huidige uitgebreide sekondêre navorsing, identifiseer die skrywer dat 'n gebrek aan sorg vir infrastruktuur tot infrastruktuur mislukking lei. Dit benadeel op sy beurt die ekonomie en verontrief burgers - in sommige gevalle selfs ontneem van hul regte. Hierdie artikel vestig die aandag op enkele generiese redes vir die mislukking van infrastruktuur en dienslewering en ondersoek maniere om infrastruktuur- en diensleweringstekorte te meet. Dit beklemtoon die gevolge van diensleweringsmislukking en neem kennis van die ervarings van vier dorpe, wat almal diensleweringstekorte het. Die artikel kontrasteer dan die openbare verklarings van owerhede soos ministers en die ouditeur-generaal met die gebrek aan doeltreffende optrede van die kant van baie munisipaliteite en vra waarom dit so is.

Begrotings; diens-leweringsmislukkings; ekonomie; infrastruktuurbedryf; instandhouding van infrastruktuur; munisipaliteite; vaardighede


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo