Open-access 'N kritiese lefebvriaanse perspektief op beplanning met betrekking tot infórmele nedersettings in Suid-Afrika

Abstract

Informele nedersettings kruis met ruimtelike beplanning wanneer hulle op 'n trajek na permanente opgradering geplaas word. In Suid-Afrika vereis die wet dat hierdie kruising so nie-ontwrigtend moontlik moet wees. Dit is egter moeilik om te verseker, soos die Slovo Park informele nedersettingsaak in Johannesburg wys. Hierdie artikel demonstreer die konseptuele relevansie van Henri Lefebvre se skrywe oor die reg op die stad en sy nou geassosieerde teorie oor differensiële ruimte vir die informele nedersettings- en beplanningsvraagstuk. Daar word opgemerk dat die beplanningsteorie-diskoers betrokke was by dit wat buite statutêre beplanning plaasvind. Dit ontwyk Lefebvre se radikale kritiek op statutêre beplanning en die direkte implikasie daarvan vir spontane stedelike ruimtelike praktyk. Lefebvre se kritiek op beplanning is oop, en verskaf aanwysings na 'n alternatiewe, naamlik transduksie. Die artikel wys die relevansie hiervan vir die transformasie van beplanning en stedelike ruimte in Suid-Afrika.

Beplanning; beplanningsteorie; Henri Lefebvre; informele nedersettings; reg tot die stad; Slovo Park


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo