Open-access Veranderende leerstellings vir stedelike bestuur in Kaapstad, Suid-Afrika

Abstract

Hierdie oorsigartikel reflekteer op die geskiedenis en groei van Kaapstad vanaf stigting tot vandag. Sodoende identifiseer dit 'n reeks van ses verskillende houdings teenoor stedelike groei en bestuur. Sulke gesindhede is dikwels nie uitgespreek nie, want dit was vanselfsprekend, selfs natuurlik, vir die samelewing van hul tyd. Hierdie houdings val saam met die konsep van die beplanningsleer soos voorgestel deur Faludi en lê stil agter die werklike beleidsvorming en -ontwikkeling van die dag. Tog verander die leerstelling oor tyd in reaksie op politieke waardes, ekonomiese herstrukturering en skaal. Ses leerstellings het oorheers vir 'n tydperk van ongeveer 40 jaar elk en word deur die outeur geïdentifiseer en bestempel as korporatiewe bestuur; selfhulp; openbare werke; stadsbeplanning; opskalering, en transformasie.

Leerstelling; ruimtelike groei; stedelike bestuur; Kaapstad


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba