Open-access Verskillende waardes lei tot alternatiewe benaderings tot die landdebat in Suid-Afrika

Abstract

In Suid-Afrika het die Europese- en die Afrika-tradisie mekaar ontmoet. Elkeen het 'n eie historiese beskouing van grondbesit en hoe om dit te bestuur. Met die opkoms van die modernistiese ideologiese denke is hierdie siening oor grond beïnvloed deur onderskeidelik kapitalisme en kommunisme. Goudappel se Urbanistiek Konsep sal gebruik word om aan te toon hoe ideologiese denke die teoretiese denke maar ook die praktiese denke oor grond oorheers. Die oplossing lê nie in 'n enkele beleid oor grond nie, maar in 'n verskeidenheid van verskillende streke waar elk met 'n eie oplossing na vore kom wat pas by die kulturele agtergrond van die verskillende volke in hierdie land om vir elkeen 'n plekkie in die son te besorg. Hierdie artikel is dus 'n teoretiese uiteensetting dat daar verskillende waardesisteme is wat die benadering tot moontlike oplossings van die grondkwessie in Suid-Afrika beïnvloed.

Grondkwessie in Suid-Afrika; modernistiese denke; onafhanklike streke of stadstate; tradisionêle waardes


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo