Open-access Die verband tussen psigososiale welstand en supervisie van kinder- en jeugsorgwerkers in kinder- en jeugsorgsentrums

The relationship between psychosocial well-being and supervision of child and youth care workers in child and youth care centres

Abstract

Kinders wat in residensiële sorg geplaas word, is ernstig getraumatiseerd. Die implikasie hiervan is dat dit 'n direkte invloed op die psigososiale welstand van die kinder- en jeugsorgwerkers het wat daagliks met die kwesbare kinders werk - dit beïnvloed hoe hulle hul daaglikse take verrig en kan selfs tot emosionele uitbranding lei. Die doel van die studie was om kwantitatief die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van kinder- en jeugsorgwerkers te ondersoek. Sewe-en-sewentig kinder-en-jeugsorg werkers (KSW) is met doelgerigte steekproefneming by die studie betrek. Drie vraelyste is gebruik om data in te samel. Die IBM SPSS-weergawe 25 sagteware is gebruik om die data te ananliseer. In sommige gevalle was daar 'n klein effek grootte, tog blyk dit dat etnisiteit, geslag, huwelikstatus en inkomste 'n invloed op die psigososiale welstand van KJW het. Die studie toon ook 'n verband tussen die KJW wat supervisie ontvang en diegene wat nie supervisie ontvang het nie.

emosionele uitbranding; kinder- en jeugsorgwerkers; kwesbare kinders psigososiale welstand; residensiële sorg; supervisie


location_on
Department of Social Work, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch University Social Work / Maatskaplike, Department of Social Work, Stellenbosch University, PO Box 223, Stellenbosch, Western Cape Province, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 2070 - E-mail: socialwork@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo