Open-access "Pous van die Kaap": Koot Vorster en ultra-verkrampte politiek in die 1960's1

"Pope of the Cape": Koot Vorster and ultra-right politics in the 1960s

Abstract

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk), met 'n verskanste verhouding met Afrikanernasionalisme en apartheid, moes sosio-politieke veranderings van die Afrikaner samelewing in die 1960's trotseer. Buitelandse druk op die staat, ekonomiese vooruitgang van Afrikaners, kulturele blootstelling aan die Weste, en interne kritiek uit kulturele- en akademiese ruimtes het in die dekade krake begin maak in die bastion van Afrikanerdom. Terwyl die staat in die tyd sogenaamde gevare van buite onder beheer gehad het, was dit die NG Kerk se erns om die volk van binne te versterk teen onsigbare gevare soos liberalisme en kommunisme. In hierdie konteks ontwaak dr. Koot Vorster uit die Kaapse NG Kerk as 'n leidende nasionale figuur van Afrikaner antikommunisme toe hy in 1964 as hoof van die nuutgestigte Nasionale Raad vir die Bestryding van Kommunisme geraak het. Hierdie artikel wys hoedat Vorster inderwaarheid 'n voorman was vir 'n ultra-verkrampte politieke drukgroep uit die Transvaal. Vorster word dus hier as 'n kerkman én "organisasie man", soos verstaan deur van N.P. van Wyk Louw, binne verkrampte geledere geag. Soos die politieke winde teen die verkramptes onder leiding van Koot se broer, Eerste Minister John Vorster, sterker gewaai het, het Koot ook al hoe meer aan die periferie van die volkspolitiek gestaan soos hy die regtergrens van Afrikaner-politiek getoets het. As "organisasie-man" sou hy dan op die periferie beland, maar as kerkman het hy sy aansien nie getaan nie.

Koot Vorster; Andries Treurnicht; NG Kerk; Afrikaner nasionalisme; antikommunisme; Kaapse Kerk; apartheid; Nasionale Raad vir die Bestryding van Kommunisme; Afrikaner Broederbond


location_on
Pieter de Waal Neethling Trust in association with Christelike Lektuurfonds (CLF) Pieter de Waal Neethling Trust, Department of Systematic Theology and Ecclesiology, Stellenbosch University, Private Bag X1, Matieland, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7602, Tel: +27 21 808 3256 - E-mail: stj@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top