In die lig van die besluite wat die NG Kerk gemaak het rondom die strukturering van die ampte, bevraagteken hierdie artikel die teologiese rasionaal wat die nuwe bestel onderlê en maak 'n alternatiewe voorstel vir die herstrukturering van die ampte in die NG Kerk wat onderlê is in sowel die gereformeerde en die ekumeniese teologie. Die oogmerk is om kongruensie tussen liturgiese praktyk, amptelike teologie, en bediening in die kerk te bring.
liturgiese teologie; ampte; NG Kerk; bediening; missionale teologie