Open-access (Amp)er, maar nog nie stamper nie: Ampsverstaan en ampsherstel in die NG Kerk - 'n kritiese refleksie op die NG Kerk se ampsverbreding

In die lig van die besluite wat die NG Kerk gemaak het rondom die strukturering van die ampte, bevraagteken hierdie artikel die teologiese rasionaal wat die nuwe bestel onderlê en maak 'n alternatiewe voorstel vir die herstrukturering van die ampte in die NG Kerk wat onderlê is in sowel die gereformeerde en die ekumeniese teologie. Die oogmerk is om kongruensie tussen liturgiese praktyk, amptelike teologie, en bediening in die kerk te bring.

liturgiese teologie; ampte; NG Kerk; bediening; missionale teologie


location_on
Pieter de Waal Neethling Trust in association with Christelike Lektuurfonds (CLF) Pieter de Waal Neethling Trust, Department of Systematic Theology and Ecclesiology, Stellenbosch University, Private Bag X1, Matieland, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7602, Tel: +27 21 808 3256 - E-mail: stj@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top