Open-access 'n Verbeterde leksikografiese dataverspreiding- en inligtings onttrekkingstruktuur / An improved lexicographic data distribution and information extraction structure

Abstract

Die dinamika in die leksikografie noop leksikograwe om voortdurend daarop bedag te wees dat veranderinge in hulle woordeboeke aangebring moet word. Hierdie veranderinge lê op die vlak van die woordeboekinhoud, die leksikografiese funksies asook die woordeboekstrukture. Die teikengebruikersgroep van elke woordeboek en hulle leksikografiese behoeftes en naslaanvaardighede moet deurgaans in gedagte gehou word. In hierdie artikel word verskillende aspekte van leksikografiese prosesse bespreek, met spesifieke verwysing na die aanpassing in dataverspreidingstrukture, die uitbreiding van soekplekke en die oorgang van woordeboeke vanaf die stootmedium na die trekmedium. Vir gedrukte woordeboeke word die benutting van 'n semi-geïntegreerde mikrostruktuur voorgehou om 'n beter onderskeid in die aanbieding van voorbeeldsinne en kollokasies moontlik te maak. Vir aanlyn woordeboeke is die pleidooi om die daarstelling van 'n uitgebreide soekheelal asook die inwerkingstelling van 'n datatrekkingstruktuur. So 'n struktuur bied aan woordeboekgebruikers vanuit die woordeboek toegang tot onder meer die internet asook die korpus van die betrokke woordeboek. Woordeboeke verander van eindpuntbronne na tussengangerbronne. Dit bied veel meer moontlikhede aan gebruikers, onder andere taalpraktisyns, om naas die data, onder meer koteksaanduiders, in woordeboeke ook ander data en veral voorbeelde van natuurlike taalgebruik in die woordeboek-eksterne bronne te vind.

datatrekkingstruktuur; inligtingsonttrekking; kollokasies; koteksaanduiders; mikrostruktuur; taalpraktisyns; woordeboekfunksies


location_on
Department of General Linguistics of Stellenbosch University Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus), Department of General Linguistics, University of Stellenbosch, Private Bag X1 Matieland, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7602, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: katevg@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba