Open-access Oranjerivierafrikaans: 'n Argeologiese genealogie. Deel IV: 1999 - 2021

An archaeological genealogy: Part IV: 1999 - 2021

Dié laaste deel van 'n vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1999 tot 2021. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die huidige periode in die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans as die tydsgees van tekstualiteit opgesom kan word. Die periode sien die hoogbloei van die aandag aan geskrewe tekste - sowel argivale bronne as meer resente skeppende skryfwerk. Hiernaas word die deurentydsgees van romantiese pittigheid, 'n benadering wat die ganse Afrikaanse sosiolinguistiek deurspek, bespreek. Die optekenings en navorsing van ondere andere Sanet du Plessis, Frank Hendricks, Annél Otto, Elvis Saal, Donovan Lawrence, Carla Luijks, Luan Staphorst, Camilla Christie, Daan Wissing, en Hendrik Theys word bespreek. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar n gebrek aan bronne is, dat dit redelik "onsigbaar" is, dat dit as 'n Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die "oudste" vorm van Afrikaans beskou moet word.

Oranjerivierafrikaans; etnolek; geolek; Afrikaanse sosiolinguistiek; linguistiese geskiedskrywing; intellektuele geskiedenis


location_on
Department of General Linguistics of Stellenbosch University Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus), Department of General Linguistics, University of Stellenbosch, Private Bag X1 Matieland, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7602, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: katevg@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top