Open-access Weerkaatsende woorde: 'n (outo)biografiese refleksie van 'n (praktiese) teoloog

Sommige van diepersoonlike ervaringe en bevindinge van 'n (prakties) teologies-akademiese skrywer word in die artikel onthul. Dié onthulling geskied op 'n intiem-persoonlike wyse aan die hand van 'n outo(biografiese) reis. Meesleurend vanuit 'n aanvanklike en terloopse aanraking van die persoonlike lewensruimte van die praktiese teoloog, word 'n trajek gebied aan die hand waarvan die ontwikkeling van akademiese skryfwerk gekaart kan word. Onverwagse mylpale langs die pad van gedokumenteerde prakties-teologiese navorsing sluit onder meer verbandhoudende aspekte van 'n plaaslike, konkrete en beliggaamde aard in. By elk van dié mylpale, wat 'n steil reliëf en gradiënt op die roete verteenwoordig, word op outobiografiese wyse aangedoen. In 'n persoonlike tuiskoms by dié mylpale word tot die ontdekking gekom dat skrywer en leser inderdaad die mees persoonlike in gemeen het, maar dat dít ook universele betekenis het. In die konstruering van dié reflekterende gedagtes word moontlike coordinate vir die toekomstige neerpen en kartering van persoonlike teologies-akademiese onthullings gebied.

Outobiografie; Narratief; Refleksie; Praktiese teologie; Akademiese skryfwerk


location_on
Stellenbosch University, Faculty of Theology, Faculty of Theology Scriptura, Department of Old and New Testament, Stellenbosch University, Private Bag X1, Matieland, Stellenbosch, Western Cape Province, ZA, 7602, Tel: +27 21 808 3255, Tel: +27 21 808 4889 - E-mail: em4@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top