Open-access Werkstresverskille tussen wit en swart middelvlakbestuurspersoneel

Die doel van die studie waarop hierdie artikel gebaseer is, was om ondersoek in te stel na die verskille in werkstres tussen wit en swart middelvlakbestuurspersoneel in 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie. Uit vorige navorsing oor stres blyk dit dat werkstres en sielkundige uitbranding aan die toeneem is. Veranderinge binne veral die Suid-Afrikaanse politieke en ekonomiese arena het daartoe bygedra dat Suid-Afrikaanse diensorganisasies genoodsaak word om meer swart bestuurders in diens te neem. Uit die resultate blyk dit dat die swart groep statisties beduidend hoër tellings as die wit groep op stresfaktore behaal het. Op grond van bogenoemde resultate, is enkele aanbevelings gemaak.

werkstres; stres; wit en swart middelvlakbestuurspersoneel


location_on
Society for Industrial and Organisational Psychology of South Africa (SIOPSA) AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top