Tabla de contenido
South African Journal of Industrial Engineering, Volumen: 33, Numero: 4, Publicado: 2022South African Journal of Industrial Engineering, Volumen: 33, Numero: 4, Publicado: 2022
| Documents |
|---|
|
General Articles An multi-criteria decision-making based course assessment framework: development and application Aburas, H.M. Batarfi, I.A. Bahshwan, A.F. Alzahrani, R.A. Qarout, A.M. Resumen en Inglés: Evaluation of the educational process is essential to its development and improvement. This paper aims to create a model for evaluating students' satisfaction with industrial engineering courses using Multi-Criteria Decision-Making (MCDM) tools. The research began with a course evaluation data survey with 28 questions (variables). Then the assessment model was proposed, based on the previously collected data. The suggested assessment model identified the constructs using exploratory factor analysis (EFA). Then the extracted variables and the resulting constructs were prioritised using the analytic hierarchy process (AHP). Next, a structured local questionnaire was drawn up and distributed to industrial engineering students at a Saudi university to validate the developed model. After that, the suggested framework was applied to the data to assess the students' overall satisfaction with the course. Finally, it was found that the Operations Research Track, of the five current tracks, scored the highest satisfaction rate. This study's results could be helpful in knowing the importance of MCDM in the evaluation process, as it distinguishes the value of students' evaluations for the development and growth of the evaluation of educational courses.Resumen en af: Evaluering van die opvoedkundige proses is noodsaaklik vir die ontwikkeling en verbetering daarvan. Hierdie artikel het ten doel om 'n model te skep vir die evaluering van studente se tevredenheid met bedryfsingenieurswese kursusse deur gebruik te maak van Multi-Kriteria Besluitneming (MCB) instrumente. Die navorsing begin met 'n kursusevaluering data opname met 28 vrae (veranderlikes). Daarna is 'n assesseringsmodel voorgestel gebaseer op data wat voorheen ingesamel was. Die voorgestelde assesseringsmodel het die konstrukte geïdentifiseer deur gebruik te maak van verkennende faktoranalise. Daarna is die onttrekte veranderlikes en die gevolglike konstrukte geprioritiseer deur gebruik te maak van die analitiese hiërargieproses. 'n Soortgelyke gestruktureerde plaaslike vraelys was daarna opgestel en versprei aan bedryfsingenieurswese studente by 'n universiteit in Saoedi-Arabië om die ontwikkelde model te valideer. Daarna is die voorgestelde raamwerk op die verkrygde data toegepas om die studente se algehele kursus tevredenheid te assesseer. Die resultate toon dat die Operasionele Navorsingsbaan die hoogste tevredenheidskoers behaal het van die vyf huidige bane. Die resultate van hierdie studie kan nuttig wees om die belangrikheid van MCB in die evalueringsproses uit te ken aangesien dit die waarde van studente se evaluerings vir die ontwikkeling en groei van die opvoedkundige kursus-evaluering van opvoedkundige kursusse onderskei. |
|
General Articles A system dynamics approach to postal digital transformation dynamics: a causal loop diagram (CLD) perspective Mokgohloa, K. Kanakana-Katumba, M.G. Maladzhi, R.W. Xaba, S. Resumen en Inglés: Postal operators across the globe are faced with inescapable business model disruptions in the era of the digital economy, and Southern Africa is no exception. The advent of the digital age presents both opportunities and threats to business models of the industrial age, as digitalisation has led to the sustained decline of mail volumes as the core business of the postal service for the past 100 years. The replacement of traditional physical mail with electronic alternatives was a spectre that haunted the postal service for more than two decades; and the arrival of the digital age has accelerated the decline of mail volumes at an unprecedented speed as it spreads through almost every sector of society and as the digital economy becomes the preferred platform for conducting business. The digital economy requires postal operators to develop digital competitiveness, which entails investment in digital infrastructure and skills, and to transform their business model in the context of the digital age. The complex dynamics of the process of digital transformation necessitate a systems approach to understanding those dynamics. System dynamics can be a significant tool for comprehending behaviour, especially dynamic behaviour. This paper adopted a high-level modelling approach in which a dynamic hypothesis was developed through the articulation of a sub-system diagram that articulated the dynamic variables at play, a model boundary chart that articulated the nature of the variables (which are both exogenous and endogenous), and causal loop diagrams that explain the dynamic feedback relationship between the variables. This paper focused on the digital transformation imperatives to build the digital competitiveness of the postal sector in Southern Africa. The results point to the complex interaction of the variables that drive the digital competitiveness of the postal sector; and it is by comprehending these complexities that decision-makers and policymakers could steer the postal sector on to a digital-age path and into a sustainable future.Resumen en af: Posoperateurs regoor die wêreld word in die era van die digitale ekonomie gekonfronteer met onafwendbare sakemodel ontwrigtings -Suider-Afrika is geen uitsondering nie. Die koms van die digitale era bied beide geleenthede en bedreigings vir sakemodelle van die industriële era, aangesien digitalisering die afgelope 100 jaar gelei het tot die volgehoue afname van posvolumes as die kernbesigheid van die posdiens. Die vervanging van tradisionele fisiese pos met elektroniese alternatiewe was 'n tendens wat by die posdiens vir meer as twee dekades gespook het; en die koms van die digitale era het die afname van posvolumes teen 'n ongekende spoed versnel soos dit deur byna elke sektor van die samelewing versprei en namate die digitale ekonomie die voorkeurplatform word om sake te doen. Die digitale ekonomie vereis dat posoperateurs digitale mededingendheid ontwikkel, wat investering in digitale infrastruktuur en vaardighede behels, en om hul sakemodel in die konteks van die digitale era te transformeer. Die komplekse dinamika van die proses van digitale transformasie noodsaak 'n sisteembenadering om daardie dinamika te verstaan. Stelseldinamika kan 'n belangrike hulpmiddel wees om gedrag te begryp, veral dinamiese gedrag. Hierdie artikel het 'n hoëvlak modelleringsbenadering aangeneem waarin 'n dinamiese hipotese ontwikkel is deur die artikulasie van 'n subsisteemdiagram wat die dinamiese veranderlikes gedefinieer het, 'n modelgrenskaart wat die aard van die eksogene en endogene veranderlikes definieer, en oorsaaklike lusdiagramme wat die dinamiese terugvoerverhouding tussen die veranderlikes verduidelik. Hierdie artikel het gefokus op die digitale transformasie-imperatiewe om die digitale mededingendheid van die possektor in Suider-Afrika uit te bou. Die resultate dui op die komplekse interaksie van die veranderlikes wat die digitale mededingendheid van die possektor dryf; en dit is deur hierdie kompleksiteite te begryp dat besluitnemers en beleidmakers die possektor op 'n digitale-era-pad en in 'n volhoubare toekoms kan stuur. |
|
General Articles Adoption of software as a service: a fuzzy approach to ranking the determinants Barnard, F.H. van der Lingen, E. Resumen en Inglés: 'Software as a Service' (SaaS) holds various benefits for organisations; however, SaaS solutions are not enjoying widespread adoption in South Africa. Hence, to improve the competitiveness of South African organisations, this study ranked SaaS adoption factors according to their influence on a SaaS adoption decision. This novel approach from a South African perspective implemented an integrated adoption model with the fuzzy analytic hierarchy process (AHP) with linguistic preference relations (LinPreRa). The top five adoption factors were found to be trust, relative advantage, security risk, complexity, and trialability. Implications for researchers, vendors, and end-users are also discussed.Resumen en af: Sagteware as 'n Diens (SanD) hou verskeie voordele vir organisasies in maar geniet egter nie wydverspreide aanvaarding in Suid Afrika nie. Om die mededingendheid van Suid Afrikaanse organisasies te verbeter, het hierdie studie SanD aanvaardingsfaktore gegradeer volgens hul invloed op 'n SanD aanvaardingsbesluit. Hierdie nuwe benadering vanuit 'n Suid Afrikaanse perspektief het 'n geïntegreerde aanvaardingsmodel geïmplementeer met die vae analitiese hierargie proses met taalkundige voorkeurverhoudinge. Die navorsingsresultate dui die top vyf aanvaardingsfaktore aan as vertroue, relatiewe voordeel, veiligheidsrisiko, kompleksiteit en beproefbaarheid. Implikasies vir navorsers, verskaffers en eindgebruikers word ook bespreek. |
|
General Articles Base models for simulating the South African forestry supply chain Laubscher, J.M. Bekker, J. Ackerman, S. Resumen en Inglés: The South African forestry supply chain is a complex system that involves both the production of trees (site preparation, re-establishment, tending, and maintenance operations) and the production and distribution of wood products from plantation stands to the pulp- and sawmills. This paper reports on a study that investigated the suitability of discrete-event simulation for modelling forestry supply chains. As part of a larger research project, two discrete-event simulation models with bi-objective optimisation of the South African pulpwood and saw-timber supply chains respectively were developed. The simulation models were developed for each supply chain by first mapping out the supply chain processes through subject-matter expert and stakeholder consultation. Thereafter simulation concept models were developed, and the required input data were identified, acquired, and verified. The simulation models were verified and validated to be realistic representations of the supply chains that they imitate. The study concluded that the simulation models demonstrated the ability to perform scenario analysis and bi-objective optimisation. It was also demonstrated that the two disciplines of industrial engineering and forestry science can successfully collaborate.Resumen en af: Die Suid-Afrikaanse bosbouvoorsieningsketting is a komplekse stelsel wat bestaan uit beide die produksie van bome (terreinvoorbereiding, hervestiging en versorging van saailinge, asook algemene plantasie-instandhouding) en die produksie en verspreiding van hout vanaf die plantasies na die pulp- en saagmeulens. Hierdie artikel handel oor 'n studie waarin die geskiktheid van diskrete-gebeurtenis simulasie vir die modellering van bosbou-voorsieningskettings met dubbele-doelwitoptimering ondersoek is. As deel van 'n groter navorsingsprojek is twee voorsieningketting-simulasiemodelle ontwikkel: een vir pulphout en die ander vir saaghout. Die simulasiemodelle is ontwikkel deur eerstens die prosesvloei van die twee voorsieningskettings uit te beeld met die hulp van vakkundiges en belanghebbers. Daarna is simulasie-konsepmodelle ontwikkel en die data wat benodig was is geïdentifiseer, verkry en geverifieer. Die simulasiemodelle is ontwikkel, waarna verifikasie en validasie gedoen is om te bevestig dat die modelle realistiese voorstellings is van die voorsieningskettings wat hulle moet naboots. Die gevolgtrekking van die studie is dat die simulasiemodelle wat ontwikkel is die vermoë demonstreer om beide scenario-analise en dubbele-doelwit optimering uit te voer. Dit word ook illustreer dat die dissiplines van bedryfsingenieurswese en bosbou suksesvol kan saamwerk. |
|
General Articles Methods for forecasting demand in repairing an airline's repairable line replaceable unit parts Cao, Y. Liu, Y. Shen, D. Resumen en Inglés: Scattered failure frequency, variable and complex influencing factors, and a low accuracy in predicting inventory demand are characteristics of line replaceable unit (LRU) parts. Some high-priced repairable LRU (HR-LRU) parts have a considerable impact on the cost of aircraft spare parts.This study presents procedures to identify the optimal model for forecasting the demand for HR-LRU parts. First, a traditional prediction model, seven single measurement models, and four combined models were selected and used to predict failure data. Subsequently, evaluating indexes were selected for assessment to obtain the optimal model. Finally, we compared the actual and predicted values to verify the conclusions drawn during the previous evaluation step. The results indicated that, among the single models, the negative binomial regression model and the Holt-Winters model were most suitable for HR-LRU parts. The SSE (sum of squares error) and MAE (mean absolute error) of the negative binomial regression were the lowest at 118.4114 and 1.97352 respectively, and the Holt-Winters model's MAE was the lowest at 1. 13270. The IOWA operator prediction model and the error reciprocal variable weight combination method produced predictions closest to the actual values among the combined models. In addition to constructing a set of processes to prediction, we also discuss the fit of different methods, the reasons for the change in the guaranteed rate, and the reasons for the occurrence of special years. We also compare the similarities and differences between this article and other papers.Resumen en af: Verspreide mislukkingsfrekwensie, veranderlike en komplekse beïnvloedende faktore, en 'n lae akkuraatheid in die voorspelling van voorraadaanvraag is kenmerke van lynvervangbare eenheid (LRU) onderdele. Sommige duur herstelbare LRU (HR-LRU) onderdele het 'n aansienlike impak op die koste van vliegtuigonderdele. Baie lugrederye stel baie belang om die vraag na HR-LRU-onderdele te voorspel. Hierdie studie bied prosedures aan om die optimale model vir die voorspelling van die vraag na HR-LRU-onderdele te identifiseer. Eerstens is 'n tradisionele voorspellingsmodel, sewe enkelmetingsmodelle en vier gekombineerde modelle gekies en gebruik om mislukkingsdata te voorspel. Vervolgens is evalueringsindekse vir assessering gekies om die optimale model te verkry. Laastens het ons die werklike en voorspelde waardes vergelyk om die gevolgtrekkings wat tydens die vorige evalueringstap gemaak is, te verifieer. Die resultate het aangedui dat, onder die enkelmodelle, die negatiewe binomiale regressiemodel en die Holt-Winters model die mees geskikte was vir HR-LRU dele. Die SSE en MAE van die negatiewe binomiale regressie was die laagste op 118.4114 en 1.97352 onderskeidelik, en die Holt-Winters model se MAE was die laagste op 1. 13270. Die IOWA operateur voorspellingsmodel en die fout wederkerige veranderlike gewig kombinasie metode het voorspellings opgelewer wat die naaste aan die werklike waardes was onder die gekombineerde modelle. Die voorspellingsfoute van die negatiewe binomiale regressiemodel en die IOWA-operateurmodel was slegs 0,169 3 en 1,411 3 in 2018. Benewens die samestelling van 'n stel prosesse om die vraag na HR-LRU-onderdele te voorspel, bespreek ons ook die graad van passing van verskillende metodes, die redes vir die verandering in die gewaarborgde koers van HR-LRU-onderdele, en die redes vir die voorkoms van spesiale jare. Ons vergelyk ook die ooreenkomste en verskille tussen hierdie artikel en ander navorsingsartikels. |
|
General Articles Leapfrogging pathway for Fourth Industrial Revolution: a case of process innovation within an automotive subsidiary firm Moeketsi, T.C. Letaba, T.P. Resumen en Inglés: The relationship between Fourth Industrial Revolution technologies and innovation makes for an interesting case, as innovation seeks to unlock a level of competitiveness for its users, the extent of which is covered in this research paper. The premise of this study is that subsidiary firms lend themselves to the practice of process innovation. The focus of this study was on a South African automotive subsidiary firm, and a case study methodology was adopted. Data was collected in the form of questionnaire responses from specialists and interview feedback from managers in order to derive insights that would inform the state of firms' technological capabilities, the dynamics behind them, and the leapfrogging measures that might be taken. This study showed that the current state of technological capabilities in the sample firm ranged from inadequate to satisfactory. Three priority areas were defined: robotics, big data and cloud computing, and advanced manufacturing systems. The workers' mindsets were found to be a serious barrier to taking full advantage of Fourth Industrial Revolution technologies. This study covered measures that would be necessary to ensure a successful digital transformation, best realised through an incremental innovation strategy. The main metrics of firm competitiveness were outlined as quality, volume, and cost, all of which could be influenced by process innovations.Resumen en af: Die verhouding tussen Vierde Industriële Revolusie-tegnologieë en innovasie is interessant, aangesien innovasie poog om 'n vlak van mededingendheid vir sy gebruikers te ontsluit, waarvan die omvang in hierdie navorsingsartikel gedek word. Die uitgangspunt van hierdie studie is dat filiaalfirmas hulle tot die praktyk van prosesinnovasie leen. Die fokus van hierdie studie was op 'n Suid-Afrikaanse motorfiliaalfirma, en 'n gevallestudiemetodologie was gebruik. Data was ingesamel van vraelysreaksies van spesialiste en terugvoer van onderhoude met bestuurders ten einde insigte te verkry wat die stand van ondernemings se tegnologiese vermoë, die dinamika daaragter en die sprongmaatreëls wat geneem kan word, sou inlig. Hierdie studie het getoon dat die huidige stand van tegnologiese vermoë in die steekproeffirma gewissel het van onvoldoende tot bevredigend. Drie prioriteitsareas is gedefinieer: robotika, groot data en wolkverwerking, en gevorderde vervaardigingstelsels. Daar is gevind dat die werkers se ingesteldheid 'n ernstige struikelblok is om die Vierde Industriële Revolusie-tegnologie ten volle te benut. Hierdie studie het maatreëls gedek wat nodig sou wees om 'n suksesvolle digitale transformasie te verseker, wat die beste gerealiseer word deur 'n inkrementele innovasiestrategie. Die belangrikste maatstawwe van firma mededingendheid is uiteengesit as kwaliteit, volume en koste, wat alles deur prosesinnovasies beïnvloed kan word. |
|
General Articles Simulation analysis of a neonatal unit with complex patient flow patterns - an enhanced model for capacity planning Perera, T.S. Uslu, B.Ç. Resumen en Inglés: Steadily increasing demand requires neonatal units and networks to improve their overall capacities. Given the operational complexities involved, simulation is a popular choice for modelling patient flow and analysing its impact on resource capacities. Clinical pathways, designed to reduce variation of care and improve the quality of care for a specific group of patients, broadly define patient flow patterns. The literature points to many simulation studies that have addressed the interactions between clinical pathways and resource planning. For efficient model building, however, these simulation studies have assumed a unidirectional flow of patient - i.e., progressively moving to lower levels of care. But patient flows are much more complex. In some instances, patients may require a higher level of care than the current level of care. In such cases, bi-directional flows are created. This paper explores the impact of bidirectional flows on capacity planning. Using a real-world neonatal unit as an example, two scenarios of patient flow - i.e., unidirectional and bidirectional - are modelled and extensively analysed. This study revealed that the bidirectional flow model, which is the more realistic model, produces significantly different capacity-planning estimates. For example, the number of admission requests rejected by the unit increased by five to seven times - i.e., the uni-directional model significantly underestimates the overall capacity. The bidirectional model also revealed that there is a need to double the number of beds required for high-level care, and that bed utilisation, in general, is higher than the estimates produced by the unidirectional model. Given that there is a need to generate accurate capacity estimates to ensure better services for patients and to minimise frequent changes because of poor capacity estimates, this paper argues that bidirectional modelling should be used to produce more accurate capacity estimates.Resumen en af: Stadig toenemende vraag vereis neonatale eenhede en netwerke om hul algehele vermoë te verbeter. Gegewe die operasionele kompleksiteite wat betrokke is, is simulasie 'n gewilde keuse om pasiëntvloei te modelleer en die impak daarvan op hulpbronvermoë te ontleed. Kliniese prosesse, ontwerp om variasie van sorg te verminder en die kwaliteit van sorg vir 'n spesifieke groep pasiënte te verbeter, definieer breedweg pasiëntvloeipatrone. Die literatuur dui op baie simulasiestudies wat die interaksies tussen kliniese prosesse en hulpbronbeplanning aangespreek het. Vir doeltreffende modelbou het hierdie simulasiestudies egter 'n eenrigtingvloei van pasiënt veronderstel - dit wil sê, progressief beweeg na laer vlakke van sorg. Maar pasiëntvloei is baie meer kompleks. In sommige gevalle kan pasiënte 'n hoër vlak van sorg benodig as wat tans beskikbaar is. In sulke gevalle word tweerigtingstrome geskep. Hierdie studie ondersoek die impak van tweerigtingvloeie op kapasiteits-beplanning. Deur 'n werklike neonatale eenheid as 'n voorbeeld te gebruik, word twee scenario's van pasiëntvloei - d.w.s. eenrigting en tweerigting - gemodelleer en omvattend ontleed. Hierdie studie het aan die lig gebring dat die tweerigtingvloeimodel, wat die meer realistiese model is, aansienlik verskillende kapasiteits-beplanningskattings produseer. Byvoorbeeld, die aantal toelatingsversoeke wat deur die eenheid afgekeur is, het met vyf tot sewe keer toegeneem - d.w.s. die eenrigtingmodel onderskat die algehele kapasiteit aansienlik. Die tweerigtingmodel het ook aan die lig gebring dat daar 'n behoefte is om die aantal beddens wat benodig word vir hoëvlakversorging te verdubbel, en dat bedbenutting oor die algemeen hoër is as die skattings wat deur die eenrigtingmodel geproduseer word. Gegewe dat daar 'n behoefte is om akkurate kapasiteitskattings te genereer om beter dienste vir pasiënte te verseker en om gereelde veranderinge as gevolg van swak kapasiteitskattings te minimaliseer, argumenteer hierdie artikel dat tweerigtingmodellering gebruik moet word om meer akkurate kapasiteitskattings te produseer. |
|
General Articles Fuzzy-logic-based ergonomic assessment in an automotive industry Kamala, V. Paul Robert, T. Resumen en Inglés: The objective of this study was to develop and evaluate a tool for measuring an organisation's ergonomie level. The study was carried out to fill a research gap in which no attempt had been made to design an index for evaluating a company's ergonomics. An ergonomic index measuring model with 15 criteria using a fuzzy logic technique was developed during this study. The fuzzy ergonomic index (FEI), which represents the ergonomic level of the company, and the fuzzy performance importance index, which assists in resolving ergonomics barriers, were then calculated. The findings show that the model is capable of analysing ergonomics adequately and has practical application. Application of the methodology presented in this paper will reveal the measures necessary to improve an organisation's ergonomie level.Resumen en af: Die doel van hierdie studie was om 'n instrument te ontwikkel en te evalueer om 'n organisasie se ergonomiese vlak te meet. Die studie is uitgevoer om 'n navorsingsgaping te vul waarin geen poging aangewend is om 'n indeks vir die evaluering van 'n onderneming se ergonomie te ontwerp nie. 'n Ergonomiese indeksmeting model, gebaseer op 'n wasig logika tegniek, met 15 kriteria is tydens hierdie studie ontwikkel. Die wasige ergonomiese-indeks (WEI), wat die ergonomiese vlak van die maatskappy verteenwoordig, en die wasige werkverrigting-belangrikheidsindeks, wat help om ergonomiese hindernisse op te los, is toe bereken. Die bevindinge toon dat die model in staat is om ergonomie voldoende te analiseer en praktiese toepassing het. Toepassing van die metodologie wat in hierdie artikel aangebied word, sal die maatreëls bepaal wat nodig is om 'n organisasie se ergonomiese vlak te verbeter. |
|
General Articles A machine-learning approach towards solving the invoice payment prediction problem Schoonbee, L. Moore, W.R. van Vuuren, J.H. Resumen en Inglés: Companies routinely experience difficulties in collecting debt incurred by their customers. As an alternative to the reactive techniques typically employed to increase a company's ability to collect debt, preventative techniques could be employed to predict the payment behaviour of regular customers. Such a preventative technique, in the form of a machine-learning model embedded within a decision-support system, is proposed in this paper with a view to assisting companies in prioritising debt collection resources to address invoices that are most likely to be paid late. The system is capable of predicting payment behaviour outcomes linked to invoices as anticipating payment receipts during one of three intervals: 1-30 days late, 31-60 days late, or at least 61 days late. The underlying model of the decision support system is identified by selecting a suitable algorithm from among a pool of candidate machine-learning algorithms. This selection process requires the adoption of a sound methodological approach. A machine-learning development roadmap is proposed for this purpose, and applied in a practical, illustrative case study involving real industry invoice data.Resumen en af: Maatskappye ondervind dikwels probleme met die invordering van skuld wat deur hul kliënte aangegaan word. As 'n alternatief tot reaktiewe tegnieke wat tradisioneel toegepas word om 'n maatskappy se vermoë om skuld in te vorder, te verhoog, kan voorkomende tegnieke aangewend word om die betalingsgedrag van gereëlde kliënte te voorspel. So 'n voorkomende tegniek, in die vorm van 'n masjienleermodel wat in 'n besluitsteunstelsel ingebed is, word in hierdie artikel voorgestel met die doel om maatskappye te help om skuldinvorderingshulpbronne te prioritiseer na fakture wat waarskynlik laat betaal sal word. Die stelsel is in staat om die betalingsgedrag-uitkomste wat aan fakture gekoppel is, te voorspel as verwagte betalings gedurende een van drie intervalle: 1-30 dae laat, 31-60 dae laat, of minstens 61 dae laat. Die onderliggende model van die besluitsteunstelsel word geïdentifiseer deur 'n algoritme wat die beste presteer uit 'n poel van kandidaat-masjienleeralgoritmes. Hierdie seleksieproses vereis die daarstelling van 'n sinvolle metodologiese benadering. 'n Masjienleer-ontwikkelingspadkaart word vir hierdie doel voorgestel en in 'n praktiese, illustratiewe gevallestudie toegepas wat op werklike industrie-faktuurdata berus. |
|
General Articles Improving knowledge transfer processes to address skills and knowledge gaps between senior and junior staff in engineering projects Zackarias, A.J. Bond-Barnard, T.J. van Waveren, C.C. Resumen en Inglés: Skills and knowledge gaps between senior and junior staff is prevalent in engineering projects. This study aimed to identify the factors that affect knowledge transfer and methods to retain transferred knowledge between senior and junior staff in the South African engineering environment. Although several studies have examined the factors that influence knowledge transfer, very few have studied the factors affecting knowledge transfer between senior and junior staff in engineering projects. This study found that knowledge transfer is not made a priority in projects, and that there is a lack of knowledge transfer platforms and structures in projects. Incentivising knowledge transfer by making it a work outcome would improve knowledge transfer in projects.Resumen en af: Kennis- en vaardigingsgapings kom al hoe meer voor tussen senior and junior personeel wat op ingenieursprojekte werk. Hierdie studie het ten doel om die faktore wat die kennisoordrag tussen senior en junior personeel in die Suid-Afrikaanse ingenieurs omgewing belemmer, asook die metodes wat dit kan behou, te bepaal. Heelwat navorsing is reeds gedoen op die faktore wat kennisoordrag in die algemeen beïnvloed, maar min van hierdie studies spreek die faktore aan wat vir die kennis oordrag tussen senior en junior personeel in ingenieursprojekte geld. Hierdie studie het bevind dat kennisoordrag nie as 'n prioriteit binne ingenieursprojekte beskou word nie en dat daar 'n tekort aan kennisoordragstrukture en -platforms binne projekte bestaan. Verder is bevind dat die kennisoordrag binne projekte verbeter kan word indien dit aangespoor kan word deur dit deel te maak van die prestasie uitkomste van projekte en individue. |
|
General Articles An exploration of effective supervisory engagement in the clothing industry through activity sampling technique Ramdass, K.R. Mokgohloa, K. Resumen en Inglés: The gradual decrease in income through national and international competition led around 50% of South African clothing manufacturers to shut down their businesses in the past decade. In the struggle to improve their productivity, organisations are evaluating human assets for further value-add. Industry 4.0 embraces the total interaction of technology and human resources to create a multi-skilled environment. In this endeavour, first-line managers (supervisors) in the clothing manufacturing industry play a critical role in eliminating non-value-added activities. The meteoric rise of technology-driven processes driven by Industry 4.0 has disrupted almost all business models, and the clothing sector is not immune to these winds of change. It lacks the drive to undertake continuous improvement owing to an impasse in the skills-driven improvement and the application of industrial engineering principles. Organisations are seeking improvement opportunities in multi-skilling the workforce. In this study, supervisory activities were evaluated to determine value-add in the production process and to evaluate supervisory engagement to identify non-value-added activities and to lay a foundation for leveraging human capital as a competitive advantage. The research adopted the application of activity sampling analysis through a case study at a clothing manufacturer. Direct observation and informal discussions on the factory floor were used as the primary means of data collection. The outcome of the research points to gaps between the machine age, which was characterised by a command-and-control authority, and the conditions of the digital age, which requires a new role for shop floor coaches, in which the supervisor motivates and leverages the symbiotic relationship between employees and technology in producing goods.Resumen en af: Die geleidelike afname in inkomste deur nasionale en internasionale mededinging het daartoe gelei dat ongeveer 50% van Suid Afrikaanse klerevervaardigers hul besighede in die afgelope dekade gesluit het. In die stryd om hul produktiwiteit te verbeter, evalueer organisasies menslike bates vir verdere waardetoevoeging. Industrie 4.0 omhels die totale interaksie van tegnologie en menslike hulpbronne om 'n multi-geskoolde omgewing te skep. In hierdie strewe speel eerstelynbestuurders (toesighouers) in die klerevervaardigingsbedryf 'n kritieke rol in die uitskakeling van aktiwiteite wat nie waarde toevoeg nie. Die meteoriese opkoms van tegnologiegedrewe prosesse wat deur Industrie 4.0 aangedryf word, het byna alle sakemodelle ontwrig, en die kleresektor is nie immuun teen hierdie winde van verandering nie. Dit ontbreek die dryfkrag om deurlopende verbetering te onderneem as gevolg van 'n impasse in die vaardigheidsgedrewe verbetering en die toepassing van bedryfsingenieursbeginsels. Organisasies soek verbeteringsgeleenthede in die multi-vaardighede van die arbeidsmag. In hierdie studie is toesighoudende aktiwiteite geëvalueer om waardetoevoeging in die produksieproses te bepaal en om toesighoudende betrokkenheid te evalueer om nie-waardetoegevoegde aktiwiteite te identifiseer en om 'n grondslag te lê vir die benutting van menslike kapitaal as 'n mededingende voordeel. Die navorsing het die toepassing van aktiwiteitsteekproefontleding deur 'n gevallestudie by 'n klerevervaardiger aangeneem. Direkte waarneming en informele besprekings op die fabrieksvloer is as die primêre manier van data-insameling gebruik. Die uitkoms van die navorsing dui op gapings tussen die masjien-era, wat gekenmerk is deur 'n bevel-en-beheer-owerheid, en die toestande van die digitale era, wat 'n nuwe rol vir winkelvloerafrigters vereis, waarin die toesighouer motiveer en die simbiotiese verhouding tussen werknemers en tegnologie in die vervaardiging van goedere benut. |
|
Case Studies Towards strategic management of drone application process and regulation in South Africa Mokoena, Q. Daniyan, I.A. Mpofu, K. Abisuga, O.A. Resumen en Inglés: This paper discusses strategies to improve the application process for drones and Part 101 of the regulations for the approval of applications. Drones have the potential to transform the world by doing things differently and improving technology in the future. The use of drones is growing fast, and the need for control is important for reasons of safety and privacy. A qualitative method of data collection and analysis was used in this study, using the South African Civil Aviation Authority (SACAA) as a case study. Telephonic interviews were conducted to collect data from participants and to understand the issues affecting the drone application process. Drone operators were interviewed to collect data on the drone application process and the regulations. The researcher discovered that there were issues affecting the existing drone application and approval processes, such as restrictive regulations, the inclusion of manned aircraft requirements, slow issuing of Remotely Piloted Aircraft Systems operators' certificates, and the capital needed to enter the drone business. Recommendations are made to improve the drone application and approval processes.Resumen en af: Hierdie artikel bespreek strategieë om die aansoekproses vir hommeltuie en art 101 van die regulasies vir die goedkeuring van aansoeke te verbeter. Hommeltuie het die potensiaal om die wêreld te transformeer deur dinge anders te doen en tegnologie in die toekoms te verbeter. Die gebruik van hommeltuie groei vinnig, en die behoefte aan beheer is belangrik vir redes van veiligheid en privaatheid. 'n Kwalitatiewe metode van data-insameling en -analise is in hierdie studie gebruik, met die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SABLO) as 'n gevallestudie. Telefoniese onderhoude is gevoer om data van deelnemers in te samel en om die kwessies rondom die hommeltuig-aansoekproses te verstaan. Hommeltuigoperateurs is onderhoude mee gevoer om data oor die hommeltuigaansoekproses en die regulasies in te samel. Die navorser het bevind dat daar kwessies was wat die bestaande hommeltuigaansoek- en -goedkeuringsprosesse beïnvloed, soos beperkende regulasies, die insluiting van bemande vliegtuigvereistes, die stadige uitreiking van RPAS-operateurssertifikate en die kapitaal wat nodig is om die hommeltuigbesigheid te betree. Aanbevelings word gemaak om die hommeltuigaansoek- en goedkeuringsprosesse te verbeter. |
|
Editorial Note from the editor Schutte, Corne |
Lea la Declaración de Acceso abierto
