In hierdie artikel word die bi-kriteria-skeduleringsprobleem bestudeer waar die totale voltooiingstyd en die aantal take wat laat is op 'n enkele masjien geminimiseer moet word. Verskeie heuristieke word voorgestel en getoets om sodoende die beste benadering te identifiseer.