Open-access A review to illuminate uncertainties associated with carbon budgets in South Africa

Abstract

Die gevolge van klimaatsverandering bedreig die Aarde se volhoubaarheid, en Suid-Afrika het hom daartoe verbind om sy bydrae tot die totale globale kweekhuisgasvrystelling (KHG) te beperk. Suid-Afrika het sy Wetsontwerp op Klimaatsverandering ingestel om die land te beweeg na 'n klimaatbestande en laekoolstofekonomie en -samelewing. Ingevolge die Wetsontwerp op Klimaatsverandering word koolstofbegrotings ingestel as 'n emissieversagtende maatreël wat die totale emissies wat 'n fasiliteit binne 'n tydperk van vyf jaar kan vrystel, beperk. Met die afkondiging van die Wetsontwerp op Klimaatsverandering, sal koolstofbegrotings verpligtend word, en sal boetes opgelê word op maatskappye wat hul koolstofbegroting oorskry. Huidige wetgewing verskaf min leiding oor koolstofbegroting en verslagdoening in Suid-Afrika. Hierdie artikel hersien die wetgewing of beleid wat verband hou met die koolstofbegrotings van verskeie lande om die onsekerhede in die implementering van Suid-Afrikaanse koolstofbegrotings te belig. Dit sal dan leiding gee oor hoe om koolstofverslagdoening en -beplanning en risikoversagting te verbeter.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba