Open-access Power Relations in Sustainable Operations Management in a Non-Profit Organisation: A Cynefin Framework Perspective

Abstract

Die Cynefin-raamwerk is gebruik om magsverhoudinge in volhoubare bedryfsbestuur in 'n niewinsgewende organisasie (NPO) aan te spreek. 'n Geïntegreerde definisie van volhoubaarheid is toegepas om te verwys na die bestuur van hulpbronne en prosesse om organisatoriese behoeftes aan te spreek en langtermyn-veerkragtigheid te bou. Die navorsingsprobleem het die volhoubaarheid van NPO's behels, wat wêreldwyd in gevaar is. NPO's kan hul volhoubaarheid deur bedryfsbestuur verbeter, maar benodig toepaslike modelle om sin te maak van die kompleksiteite rondom hul bedrywighede - insluitend magsverhoudinge. 'n Metodologie van aksie-ontwerpnavorsing is toegepas om toepaslike modelle in 'n spesifieke NPO te ontwikkel. Dit het ingesluit die gebruik van die Cynefin-raamwerk om sin te maak van magsverhoudinge en dit aan te spreek. Die bevindinge behels dat belanghebbendes mag het oor die NPO, die NPO bemagtig, en bemagtig word deur die NPO, en oor die intrinsieke mag van die NPO. Benaderings is ontwikkel wat die NPO gebruik het om hierdie magsverhoudinge aan te spreek. Die oorspronklikheid van die studie behels die gebruik van die Cynefin-raamwerk om magsverhoudinge aan te spreek in die konteks van volhoubare bedryfsbestuur in NPO's. Die bevindinge van die studie het implikasies vir NPO-bestuurders, en vir operasionele bestuurders in die algemeen, en toon hoe die Cynefin-raamwerk toegepas kan word om magsverhoudinge aan te spreek en sodoende volhoubare operasionele bestuur te verbeter.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top