Abstract
Sintetiese droë kleefmiddels is ontwikkel om 'n geitjie-toon se kleefvermoë na te boots deur litografie en mikro-bewerking gevolg deur gietvorm te gebruik. Die toerusting en materiaal wat in hierdie vervaardigingsprosesse gebruik word, is duur, en is meesal nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. In hierdie studie word 'n eenvoudige mikro-bewerkingsmetode gebruik met behulp van 'n drie-as freesmasjien en Vytaflex 30 om 'n kleefblokkie te ontwikkel. Taguchi DOEs word gebruik om die optimale bewerkingstoestande te bepaal om mikrowiggies te skep. Die resultate toon dat, alhoewel 'n maksimum adhesiedruk van 1,924 Pa verkry is met 'n voorlaaidruk van 1,323 Pa, die adhesiekrag wat geproduseer word dalk nie geskik is vir makrohanteringstoepassings nie.










