Abstract
Die doel van hierdie navorsing is om 'n robuuste watervoorsiening risikobestuur en reaksieplan vir Somerset Hospitaal te ontwikkel wat die instelling se spesifieke behoeftes aanspreek. Die navorsing gee ook algemene riglyne om die Wes-Kaap se Departement van Gesondheid te adviseer met die ontwikkeling van planne vir gesondheidsorginstellings. Dit sal die Wes-Kaap se Departement van Gesondheid in staat stel om geleidelike sistemiese skokke en die vernaamste krisisse ten opsigte van water voorsiening aan hospitale te weerstaan. Die metodiek is gebaseer op ISO31000:2009, en brei die benadering uit met historiese evaluasie en besigheid impak-analise. Die navorsing toon dat die publieke sektor in Suid-Afrika tekort skiet in risikobestuurbeplanning en 'n internasionale gaping bestaan in navorsing oor waterweerbaarheid met die fokus op gesondheidsorgfasiliteite.







