Abstract
Die Internet van Dinge (loT) is 'n belangrike element van Industrie 4.0, wat innoverende tegnologiese bydraes tot die energie sektor gebring het. Industrie 4.0 stel organisasies in staat om oor te skakel na intelligente ondernemings deur die gebruik van IoT en tegnologieë wat vervaardigings- en produksieprosesse bevoordeel om doeltreffender te wees. Die doel van hierdie artikel is hoe die toepassing van IoT voordele in die energie sektor gehad het, te identifiseer. Hierdie artikel bied 'n literatuuroorsig op 'n tradisionele manier aan om die belangrikheid van die IoT en die toepassing daarvan in die energie sektor op die gebied van wind, sonkrag, hidro-elektriese, sowel as fossiel energie te identifiseer. Die ontleding van die literatuur toon dat daar studies is wat die voordeel van die IoT in die energie sektor aandui, met 48 dokumente wat erken word, waarvan 25 publikasies in 2022 was.





