Abstract
Hierdie studie het ten doel om die projekbestuur-volwassenheidvlak van vier organisasies in die Lesotho-watersektor te bepaal. Dit beoordeel die invloed daarvan op waargenome projeksukses deur gevallestudies in hierdie organisasies te onderneem. Dit dra dus by tot die beperkte literatuur oor projekbestuurvolwassenheid in die watersektor en in Afrika. Die resultate het aangedui dat die gemiddelde projekbestuur-volwassenheid 2 was, met een organisasie op 'n volwassenheidsvlak van 3. Altesaam 53% van uitgevoerde projekte is as suksesvol beskou. Die studie het bevind dat hoë-volwassenheid-vlak organisasies geneig is om projekte meer suksesvol uit te voer. Bykomende faktore wat tot projekmislukking in hierdie sektor kan lei, is geïdentifiseer.


