Abstract
Lae kode ontwikkeling platvorms (LKDPs) is 'n opkomende oplossing vir die tekort aan hoogs geskoolde professionele sagteware ontwikkelaars. Verskeie uitdagings belemmer die aanvaarding van LKDPs as oplossings in ondernemings, weens 'n gebrek aan gevallestudies. Verder is daar min werklike implementerings van werksvloei outomatisasies waar prestasie verbeterings gedemonstreer word. As hoof bydrae van hierdie artikel, demonstreer ons prestasie verbetering, wanneer alledaagse roetine take gedigitaliseer word met behulp van Power Automate as LKDP, in die ontwikkeling van 'n konsessie bestuur stelsel by 'n tuis-onderrig maatskappy.



